Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Hy is die een wat vuurwapen op my gerig het’

Marti Koen, wat in 2016 op haar kleinhoewe buite Pretoria aangeval is, is Maandag in die hooggeregshof in die stad gevra om haar aanvaller uit te wys.

Johann Heunis wat in Oktober 2016 voor sy vrou, Mariandra, en hulle jong dogtertjie doodgeskiet is.

“Hy sit hier. Hy is die leier en hy is die een wat ’n vuurwapen op my gerig het,” het sy gesê en na Justice Sethlangu (37) in die beskuldigdebank gewys.

Hy het vroeër die dag skuld op ’n aanklag van moord en sewe ander wat verband hou met drie rooftogte in 2016 by huise in die Kameeldrift-omgewing ontken.

In een van dié rooftogte is Johann Heunis voor sy hoogswanger vrou, Mariandra, en hul oudste dogtertjie, Mieke, doodgeskiet. Hul vierde kind is kort ná Heunis se dood gebore.

Vier maande voor dié moord het drie gewapende rowers Koen op 21 Junie in haar huis aangeval en beroof.

Dieselfde maand is Sephanus Lourens en Maria Beets in hul huis vasgebind en beroof.

Die staat voer aan dat Sethlangu by al die voorvalle betrokke was. Die ander rowers is nog nie aangekeer nie.

Hulle het herhaaldelik gedreig om my dood te maak. Hulle was gestres. Hulle het gesweet en ek was bang iets gebeur.

Maandag het Koen, ’n mediese dokter, getuig dat sy steeds nagmerries en terugflitse kry oor die aand wat sy beroof is. “En in die terugflitse sien ek Justice se gesig.”

Die rowers het haar vasgebind en op haar knieë gedwing om die kluis oop te sluit.

“Hulle het herhaaldelik gedreig om my dood te maak. Hulle was gestres. Hulle het gesweet en ek was bang iets gebeur,” het sy getuig.

Sethlangu se vingerafdruk het ooreengestem met vingerafdrukke wat die polisie in Koen se huis en op die ander misdaadtonele gekry het.

Hy is byna ’n jaar ná die rooftogte in hegtenis geneem.

Koen is in Maart na die polisiekantoor in Mamelodi-Oos, waar sy hom geïdentifiseer het.

“Ek was gedreig om doodgemaak te word, ek sal nie ’n gesig vergeet nie,” het sy op ’n vraag van Sethlangu se regsverteenwoordiger, Jerry Mtshweni, gesê.

Het dit aan haar gestel dat sy kliënt nie Afrikaans kan praat nie, waarop sy gesê het: “Hy het Afrikaans met my gepraat.”

Die rowers het R33 000 kontant, elektroniese toebehore, en waardevolle juwele uit Koen se huis gesteel.

Mariandra Heunis, wat gereeld op AfriForum se plaasaanval-veldtogte praat, was nie Maandag in die hof nie. Sy sal later in die saak getuig.

Dit het in November aan die lig gekom dat haar verhouding met die Sweedse aktivis en rolprentvervaardiger, Jonas Nilsson skipbreuk gely het.

Die saak is tot Dinsdag uitgestel.

Meer oor:  Marti Koen  |  Johann Heunis  |  Justice Sethlangu  |  Kameeldrift  |  Pretoria  |  Vuurwapen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.