Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Iemand ondervra ná moord op Tulbagh-dokter

Die polisie ondervra ’n 34-jarige “persoon van belang” ná die moord op dr. Roelof Botha (59), ’n huisdokter van Tulbagh in die Wes-Kaap.

Dr. Roelof Botha en sy vrou, Lorette. Foto: Facebook/Lorette Botha

Die moord op die geliefde dokter van dié klein historiese dorp, bekend vir wynproduksie, het die gemeenskap geruk.

Botha se lyk is Maandag om 18:45 langs ’n grondpad gevind nadat hy met ’n skerp voorwerp gesteek is.

Volgens ’n bron na aan die ondersoek is die moordwapen, vermoedelik die lem van ’n skaapskêr, onder Botha se voertuig gevind.

Botha het Maandagaand gaan kleiduif skiet in ’n wildkamp langs Schalkenbochstraat net buite die dorp. Daar is glo onder meer sebras in die kamp en Botha het opgemerk dat onbekende honde die sebras jaag.

Hy het glo op die honde geskiet en teruggekeer na sy voertuig. Hy is vermoedelik oorval nadat hy sy wapen en kleiduifmasjien in die voertuig gelaai het.

Dit is nog onbekend wat die motief van die aanval was.

’n Inwoner van die omgewing en sy gesin het op die toneel in Schalkenbochstraat afgekom en hulp ontbied.

Die polisie en speurders was tot laat Maandagaand besig om leidrade te soek op die moordtoneel wat minder as ’n kilometer van Botha se huis is.

Botha se praktyk is in Van der Stelstraat in Tulbagh.

“Dis verskriklik!” het iemand op Facebook geskryf. “Ek is so jammer om dit te hoor. Ek bid vir kalmte wat alle verstand te bowe gaan.”

Dr. Roelof Botha. Foto: Facebook/Roelof J P Botha

Iemand anders sê: “Ek is baie geskok oor hierdie sinlose en wrede daad. Jy het jou lewe toegewy aan jou gemeenskap en was nog altyd ’n steunpilaar van wysheid vir die mense rondom jou. Dankie dat jy daar was vir ons gesin in ons tyd van nood. My hart breek vir jou gesin.”

’n Ander persoon het hul innige meegevoel aan Botha se vrou, Lorette, en dogter, Lore, betuig.

“Rus in vrede, dr. Botha. Jy sal sekerlik gemis word.”

Botha en sy vrou was langer as 30 jaar getroud en hul dogter, nou ’n entrepreneur, het chemiese ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch studeer.

Enigiemand met inligting kan die Tulbagh-polisiekantoor by 023 230 8100 bel of Stop Misdaad by 08600 10111.

Meer oor:  Roelof Botha  |  Tulbagh  |  Wes-Kaap  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.