Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Inanda plofbaar oor misdaad’

Oorbevolking, ’n hoë vlak van alkoholisme, kultuurverskille en uiterste armoede is van die redes vir die hoë voorkoms van misdaad in Inanda, sê ’n raadslid van die omgewing.

In dié buurt in KwaZulu-Natal is die meeste gevalle van verkragting en seksuele misdrywe aangemeld volgens die jongste misdaadstatistieke vir 2019-2020, en Zamani Khuzwayo, ’n DA-raadslid, sê dié faktore maak die gebied plofbaar.

Die provinsie het die meeste moorde, 4 859, in die tydperk aangemeld. In Inanda is 231 aangemeld – op twee na die meeste in die land. Dit het ook op drie na die meeste gevalle van poging tot moord, 141, in die land.

Ons moet nog bepaal wat die redes is. In Inanda het ons bevind mense word daar verkrag terwyl hulle van sjebiens kom of in sjebiens is. Dit gaan saam met moorde. Dit wys drank speel ’n rol.

Die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) sê hy is “verbaas” oor die toename in kontakmisdade in KwaZulu-Natal.

Dr. Johan Burger, ’n senior navorser by die instituut, sê Vrydag se syfers is buite die gewone patroon wat misdaad in die land betref.

Burger sê maatskaplik-ekonomiese omstandighede, soos dié wat Khuzwayo genoem het, speel beslis ’n rol. “Maar dit kan nie die enigste verduideliking wees nie, want hoekom gebeur dit dan nie in ander dele wat ook erg onder armoede deurloop nie?”

Umlazi is ook ’n probleemgebied in die provinsie, het Bheki Cele, minister van polisie, gesê toe hy Vrydag die statistieke bekend gemaak het.

“Ons moet nog bepaal wat die redes is. In Inanda het ons bevind mense word daar verkrag terwyl hulle van sjebiens kom of in sjebiens is. Dit gaan saam met moorde. Dit wys drank speel ’n rol.

Transitorooftogte het met 33,3% toegeneem en kapings van motoriste is met 10% op. Die kapings van trokke het wel met 12,5% gedaal.

“Umlazi is ’n formele township, maar het ook baie informele dele, wat wys dat dorpsbeplanning ook ’n rol speel.”

Volgens Cele het misdaad die skerpste toegeneem in Gauteng en KwaZulu-Natal.

Volgens die statistieke het moorde in KwaZulu-Natal met 10,6%, oftewel 464 gevalle, gestyg.

Seksuele misdade in die provinsie het met 5,4% gestyg. Die misdade sluit in verkragtig en seksuele aanranding wat onderskeidelik met 4,6% en 8% gestyg het. 350 verkragtings is in die boekjaar aangemeld.

Transitorooftogte het met 33,3% toegeneem en kapings van motoriste is met 10% op. Die kapings van trokke het wel met 12,5% gedaal.

Alle eiendomsverwante misdade, wat veediefstal en inbrake by huise en voertuie insluit, het met 5,3% afgeneem. Dwelmverwante misdade het met 19,6% afgeneem.

Roof met verswarende omstandighede, wat huisrooftogte met verswarende omstandighede insluit, het met 3,2% toegeneem. Altesaam 4 579 gevalle van dié soort rooftogte is aangemeld.

Moorde in Mpumalanga het met 5% toegeneem en 50 sake is aangeteken. Hoewel seksuele misdade in die provinsie met 1,2% toegeneem het, het seksuele aanranding en pogings tot seksuele misdaad (wat albei onder seksuele misdaad val), afgeneem met onderskeidelik 3,4% en 10,3%.

Roof met verswarende omstandighede het met 8,2% gestyg. Die kaping van vragmotors, wat in dié kategorie val, het met 24,1% gestyg. Kapings is met 8,9% op. Die provinsie het in die boekjaar een minder transitorooftog aangeteken.

Brandstigting in albei provinsies het ook toegeneem. In Mpumalanga is 245 gevalle aangemeld, 4,3% meer as verlede jaar, en KZN het 762 gevalle gehad, 1,1% meer as verlede jaar.

Veediefstal in Mpumalanga het met 8,2% en in KZN met 2% afgeneem.

Meer oor:  Umlazi  |  Inanda  |  Kwazulu-Natal  |  Alkoholisme  |  Oorbevolking  |  Armoede  |  Misdaad  |  Kultuurverskille
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.