Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Inbraak by polisiehoë se huis lyk glo soos moordtoneel

Speurders en ander polisielede het Donderdag in groot getalle by die huis van genl.maj Tholie Afonso, waarnemende polisiekommissaris in die Vrystaat, opgedaag nadat inbrekers haar huis gestroop het.

Inwoners van John Calitz-straat in Hennenman sê soveel polisielede het met ywer die misdaadtoneel besoek dat hulle gedink het dat ’n moord gepleeg is.

Die toneel van die straat voor die huis van genl.maj Tholie Afonso in Hennenman wat onder inbrekers deurgeloop het. Foto: verskaf

Selfs speurders van buurdorpe het by die toneel opgedaag.

Al wat gekort het, was die staatslykhuis se bakkie, het ’n man gesê wat oortuig was daarvan dat iets veel groters as ’n inbraak by die huis gebeur het.

Kapt. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, sê daar was niemand in die huis sedert verlede Dinsdag 16 April nie.

Donderdagoggend het Afonso se tuin- en huiswerker opgedaag en gesien dat die huis gestroop is.

Gordyne, klere, eetgerei, glasware en ander waardevolle items is glo uit die huis gesteel.

Die diewe het die veiligheidshek voor ’n skuifdeur afgebreek en ook die skuifdeur gebreek, sê hy.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.