Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Inbreker 2 j. tronk toe ná hy polisie besteel
Christo Goeda is Dinsdag vir ’n inbraak en diefstal by die Stormsrivier-polisiekantoor tot twee jaar tronkstraf gevonnis.

’n Veroordeelde inbreker wat onlangs op heterdaad betrap is terwyl hy ’n polisiekantoor besteel het, is Dinsdag tot twee jaar tronkstraf gevonnis.

Christo Goeda (32), wat drie vorige veroordelings van huisbraak en diefstal het, het op 23 Mei kort ná middernag op die Stormsrivier-polisiekantoor in die Oos-Kaap toegeslaan.

Goeda het op die betrokke aand oor die polisiekantoor se draad geklim, ’n venster by die administrasieafdeling oopgedwing en die gebou binnegegaan, terwyl hy onbewus was van polisiebeamptes wat sy skelmstreke op kringtelevisie dophou.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê die polisie het Goeda in die kantoor vasgetrek terwyl hy besig was om ’n rekenaar te ontkoppel.

Twee geheuestokkies, wat aan ’n lid van die polisiekantoor behoort, is ook in Goeda se broeksak gekry.

Goeda het Dinsdag in die landdroshof in Stormsrivier verskyn waar hy op aanklagte van huisbraak en diefstal skuld beken het.

Brig. John Lebok, bevelvoerder van die Humansdorp-polisiegebied, het die vonnis van twee jaar verwelkom wat deur landdros Jakobus Richter opgelê is.

“Ek glo die vonnis sal as afskrikmiddel dien vir enigeen wat dalk probeer om ’n soortgelyke misdaad te pleeg,” sê Lebok in ’n verklaring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.