Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Inbreker kom sy moses teë in Durbanville

’n Inbreker wat by ’n huis in Durbanville ingebreek het, het sy moses teëgekom toe hy deur die inwoner oorrompel en vasgebind is.

Die voorval het op 11 Februarie om 04:20 gebeur, het kol. Andre Traut, ’n polisiewoordvoerder, bevestig.

Die inwoner van ’n huis in Krisantstraat het geluide in sy huis gehoor. Die inwoner het gaan ondersoek instel en afgekom op die inbreker met ’n skoolsak in sy hande.

Volgens die polisie het die inwoner die inbreker gekonfronteer en ’n stoeiery het ontstaan. Die inwoner het die inbreker oorrompel en met kabeltoue vasgebind.

Die inwoner het die polisie gebel en die inbreker is in hegtenis geneem vir huisroof.

In die skoolsak het die inwoner sy twee skootrekenaars, ’n selfoon en sy horlosie ter waarde van R30 000 gevind.

Die man wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die landdroshof in Bellville verskyn op ’n aanklag van huisroof.

Meer oor:  Durbanville  |  Inbraak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.