Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Inbreker val paartjie aan, word met byl doodgeslaan

’n Man van Thabong, Welkom, het ’n vermeende inbreker Sondagoggend met ’n byl doodgeslaan toe dié man hom en sy vriendin aangeval het nadat hulle hom in hul huis betrap het.

Die 31-jarige vermeende inbreker het glo die paartjie met ’n kapmes aangeval toe hulle hom Sondag omstreeks 02:30 in hul huis in die N1-woonbuurt van Thabong betrap het.

Kapt. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, sê die man en sy 25-jarige vriendin het ná ’n aand uit by die huis aangekom en die vermeende inbreker betrap.

Hy het reeds van sy buit buite die huis neergesit en het terug in die huis ingegaan om na ander items te gaan soek toe die paartjie by die huis aankom.

Hulle het hom by die deur gekry waarna hy hulle dadelik met ’n kapmes aangeval het.

Die huiseienaar kon die aanvaller oorrompel en het hom met ’n byl oor die kop geslaan. Hy is dood voordat die nooddienste en die polisie opgedaag het.

Volgens Khosana is die paartjie na die hospitaal geneem waar hulle vir steekwonde onderskeidelik aan hul kop, hande en ander liggaamsdele behandel is. Hulle is reeds ontslaan.

Die polisie het hoendervleis en maalvleis, wat die man vermoedelik wou steel, op die toneel gevind.

Dit is nog onseker hoe die man toegang tot die huis gekry het.

Sake van moord en poging tot moord word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Thabong  |  Welkom  |  Byl  |  Aanval  |  Inbreker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.