Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Inbrekers, kabeldiewe bedrywig op Bothaville
’n Vermeende kabeldief is in ’n substasie op Bothaville betrap. Foto: Verskaf

Kos, komberse en drank is nou boaan die inbrekers op Bothaville se “inkopielys”, sê Gawie Pretorius van die dorp se buurtwag.

“Hulle hou ons en die polisie besig. Soms is daar twee inbrake in een straat minder as ’n driekwartier uitmekaar.”

Hy sê inwoners staan in die oggend op dan is hul huise leeggedra en kos, komberse en televisiestelle word eerste gesteel.

Mense sien die veiligheidsdeur is afgebreek en alles is weg, hulle word meestal nie eens wakker wanneer die diewe toeslaan nie.

Hy sê ’n buurman van hom is wel met ’n mes in die arm gesteek toe hy ’n inbreker in die huis betrap het.

Mense sien die veiligheidsdeur is afgebreek en alles is weg, hulle word meestal nie eens wakker wanneer die diewe toeslaan nie.

Kabeldiewe is ook baie bedrywig op die dorp en Pretorius en nog ’n inwoner, Hendrik van Zyl, het die afgelope drie weke een van die substasies op die dorp met ’n kamerastelsel dopgehou.

Pretorius sê die diewe het reeds drie weke gelede die substasie se slotte geknip en hulle het geweet hulle gaan die een of ander tyd toeslaan.

Woensdag net ná 01:00 het die kamerastelsel se alarm hulle gewaarsku en die polisie en buurtwag het saam opgetree om die diewe te vang.

Pretorius sê een man is in die substasie betrap waar hy reeds begin het om van die skakelaars af te sit om die kabels af te sny. Sy makker het weggehardloop.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het die diefstal bevestig en sê die 37-jarige man sal binnekort in die hof verskyn.

Lt.kol. Werner Kruger, waarnemende stasiebevelvoerder op Bothaville, sê die polisie en buurtwag werk nou saam om kabeldiefstalle, wat al meer toeneem, te bekamp.

Meer oor:  Bothaville  |  Komberse  |  Armoede  |  Kabeldiewe  |  Drank  |  Kos  |  Inbrekers  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.