Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ingryping op Vlakte werp al vrugte af, sê Cele

Die polisie se ingryping in Philippi en elders op die Kaapse Vlakte werp glo reeds vrugte af deurdat gesoekte verdagtes intussen aangekeer is, het Bheki Cele, minister van polisie, gesê.

Bheki Cele, die minister van polisie, daag Sondagoggend op in Philippi-Oos, waar hy rondgestap het en met onder andere die inwoners gesels het. Foto: Jaco Marais

Hy het Philippi-Oos buite Kaapstad Sondagoggend besoek en gesê die besluit om by die misdaadkrisis in die bendegeteisterde gebiede in te gryp is nie nou eers geneem nie. “Die ingrypings en aantal polisielede is stelselmatig geëskaleer.”

Dit kom nadat minstens 11 mense verlede naweek in dié deel van die Kaapse Vlakte doodgeskiet is.

Volgens Cele is “baie hoë-profiel-verdagtes” met uitstaande lasbriewe in hegtenis geneem nadat ’n groot aantal polisielede sedert Vrydagoggend in die gebied ontplooi is.

Hy het ook bevestig dat lede van die weermag in Kaapstad opgedaag het en oriëntasie ontvang voordat ook hulle ontplooi sal word.

Cele verwerp aantygings dat hy weermag se verrassingselement in gedrang gebring het. Volgens hom is die weermag se verrassingselement van toepassing op vyande van die land. “Hier het ons met vriendelike gesigte en die gemeenskap in die strate te doen.”

Mzwanele Dyokoni, ’n gemeenskapsleier in Philippi, het gesê hy is gelukkig om meer polisielede en die minister te sien maar die inwoners voel steeds nie veiliger nie.

’n Omstander het met Cele se besoek uitgeroep: “Ons wil die weermag nóú hier sien!”

Asanda Kokoti, ’n inwoner, het gesê die gebied bly steeds uiters gevaarlik en dit word vererger deurdat daar geen krag of straatligte in Philippi-Oos is nie.

Amanda Mokolo, nog ’n inwoner, het gesê werkloosheid onder die jeug bly ’n groot probleem en dat die polisie alleen geen verskil sal maak nie.

“Daar is net een sportveld hier. Ons kort sport, aktiwiteite en programme vir die jeug om hulle van misdaad af weg te hou.”

Bheki Cele, minister van polisie, het nie net met die inwoners van Marikana in Philippi-Oos gepraat nie, maar ook met polisielede wat daar ontplooi is. Foto: Jaco Marais
Kinders van Marikana in Philippi-Oos staan op ’n straathoek tydens Bheki Cele se besoek aan die woonbuurt Sondagoggend terwyl gewapende polisielede ’n wakende ogie hou. Foto: Jaco Marais
Bheki Cele, minister van polisie, het te midde van ’n groot polisieteenwoordigheid in Marikana, Philippi-Oos, die gebied Sondagoggend besoek. Foto: Jaco Marais

Meer oor:  Bheki Cele  |  Philippi  |  Kaapse Vlakte  |  Weermag  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.