Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Inligting uit gemeenskap lei tot vastrek van 3

Inligting oor ’n gesteelde motor het tot die inhegtenisneming van drie vermeende huisbrekers in Port Elizabeth gelei.

Lede van die polisie se blitspatrollie-eenheid het Saterdag inligting opgevolg van ’n gesteelde silwer Hyundai Getz wat in die stad rondry.

Dié motor is Donderdag of Vrydag gedurende ’n huisbraak in Sherwood gebuit.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die Sherwood-huiseienaar was tydens die inbraak in Kaapstad.

Heelwat eiendom, insluitende die motor en ’n groot hoeveelheid juweliersware, is gesteel.

Die polisie het die Hyundai-motor Saterdag in Westernweg, Sentraal, opgemerk. Dit is enkele strate verder voorgekeer.

Die bestuurder (25) en die vroulike insittende (27) het glo ’n groot verskeidenheid juweliersware aangehad.

Volgens Naidu het die bestuurder (25) en die vroulike insittende (27) ’n groot verskeidenheid juweliersware aangehad.

Die bestuurder het glo aangevoer hy het die Hyundai-motor by iemand in die Malabar-woonbuurt gekoop.

Met verdere ondersoek het die polisie nóg juweliersware en ’n speelgoedgeweer in die paneelkassie aangetref.

Die man en vrou is vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom in hegtenis geneem.

Naidu sê verdere inligting het die polisie na ’n gastehuis in Sentraal gelei.

Die polisie het op die gastehuis toegeslaan en glo ’n 27-jarige man verras terwyl hy besig was om in te pak, blykbaar om te vlug.

Nog juweliersware asook ander vermoedelik gesteelde eiendom is in dié man se sak aangetref.

Hy is ook met 30 sakkies tik en agt Mandrax-tablette in sy besit betrap.

Al drie die verdagtes sal Maandag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn.

Genl.maj. Thembisile Patekile, bevelvoerder van die Mountweg-polisiegebied, het die gemeenskap bedank vir inligting wat verskaf is.

“Die vloei van inligting vanuit die gemeenskappe na ons mans en vroue op die grond is van kardinale belang om onmiddellik op te volg. Ons glo deur verhoogde polisiesigbaarheid sal ons verbeter op ons arrestasie- en reaksietyd,” sê Patekile.

Meer oor:  Misdaad  |  Motordiefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.