Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Inperking: 3 glo dood weens polisieoptrede

Sedert die begin van die landwye staat van inperking op Vrydag 27 Maart, het die polisie na bewering die dood van drie persone veroorsaak.

So sê die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod), wat Vrydag ’n uiteensetting gegee het van die klagtes wat hy sedert die aanvang van die staat van inperking ontvang het. Die sterftes is in Gauteng en die Wes-Kaap aangemeld.

Ses klagtes van aanranding is by Opod aanhangig gemaak, sowel as drie klagtes oor die afvuur van amptelike vuurwapens deur die polisie.

’n Man is na bewering in Langa, Kaapstad, doodgeskiet toe hy met ’n mes in die hand op die polisie afgestorm het.

In nog ’n geval in die Wes-Kaap is ’n man dood nadat die polisie hom glo met ’n skokstok geskok het toe hy bier wou gaan koop.

Polisiebeamptes hou ’n padversperring buite Bloemfontein op die eerste dag van die nasionale inperking. Foto: Mlungisi Louw

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.