Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Inwoners oor vergiftiging van honde gewaarsku

Honde-eienaars in die Harkerville-gebied tussen Knysna en Plettenbergbaai word gewaarsku om versigtig te wees nadat twee voorvalle verlede week op een dag voorgekom het waar onbekende mense glo probeer het om honde te vergiftig.

Volgens die Plettenberg Bay Crime Prevention Association (PBCPA) is die twee voorvalle op 10 September aangemeld. In die een geval is ’n inwoner se honde gesien waar hulle die dag rou varkworsies gevreet het, wat vermoedelik oor ’n heining gegooi is. Die honde is betyds na ’n veearts gebring en kon gered word. Later die aand het ’n boerboel by ’n ander eiendom ook simptome van voedselvergiftiging getoon. Volgens die PBCPA gaan sekuriteitskameras in die gebied nagegaan word.

Die organisasie Harkerville Rural Protection (HVRP) sê by navraag nog geen soortgelyke voorvalle het verder in die gebied voorgekom nie. Na wat verneem word, is die skuldiges nog nie opgespoor nie.

Volgens inligting van die Plettenbergbaai-dierewelsynsorganisasie (Paws) kan die simptome van vergiftiging lusteloosheid, kwyl, braking, probleme met asemhaling, ’n vinnige of stadige hartklop, stuiptrekkings en bewusteloosheid insluit. Die simptome hang ook af van die soort gif.

Volgens Paws kan gif of gifstowwe op die vel ook irritasie, inflammasie en pyn veroorsaak. Mense wat vermoed dat hul troeteldier vergiftig is, moet ’n monster van die dier se braaksel of uitskeiding na die veearts saambring om te help om die gif te identifiseer en vir bewyse indien dit by die polisie aangemeld word.

Meer oor:  Honde  |  Vergiftiging  |  Gewaarsku
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.