Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Inwoners van Manenberg draai teen polisie
Die slagoffer van Woensdag se bendeskietery, Keith Lucas.Foto: Verskaf

Die bendegeteisterde woonbuurt Manenberg was Woensdag in chaos gedompel toe ’n wilde skietery tussen twee strydende bendes vyf mense gewond gelaat en ’n man se lewe geëis het.

Die voorsitter van die Manenberg-gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF), Kader Jacobs, het gesê die polisie was op die toneel toe die skietery uitgebreek het, maar dat inwoners teen die polisie gedraai en hulle verhoed het om hul werk te doen.

“Volgens inligting was die slagoffer, ene Keith Lucas, ’n plaaslike inwoner wat vermoedelik bande met van die bendes het.”

Jacobs sê die polisie het vergeefs probeer om in te gryp, maar die inwoners het hulle gestuit.

“Die mense het basies die polisielede aangeval. Die polisie moes die weermag inroep om te kom hand bysit en die situasie onder beheer te bring.”

Volgens Jacobs gee die inwoners nie ’n flenter om vir die polisie nie en is die manne in blou aangeval deur die einste mense wat hulle probeer beskerm het.

“Die polisie en die weermag was vroeër die dag in Manenberg maar net toe die weermag weg is begin die skietery.”

Die polisie en die weermag was vroeër die dag in Manenberg maar net toe die weermag weg is begin die skietery.

Sers. Noloyiso Rwexana, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie in Manenberg sake van moord en poging tot moord ondersoek ná ’n skietvoorval wat omstreeks 17:00 plaasgevind het.

“Volgens inligting is vier mans en ’n vrou tydens die aanval geskiet. ’n 20-jarige man het op die toneel aan sy wonde beswyk terwyl vier slagoffers tussen 19 en 31 jaar oud, insluitend ’n vrou, gewond is. Hulle is na die hospitaal gebring.”

Rwexana sê die omstandighede rondom die voorval word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Maar volgens inwoners van die gebied doen die polisie nie veel om hulle gerus te stel of die skietery te stop nie.

“Mense kla dat as die skote begin klap, antwoord die polisie nie hulle telefone nie en wag hulle eers tot die skietery vir meer as ’n uur aanhou voordat hulle hul gesigte wys. Mense is gatvol. dis asof hulle wil hê mense moet geskiet word voor hulle uitkom,” het ’n inwoner gesê.

Volgens die GPF kon hulle glad nie in die gebied inkom nie aangesien die oorlog tussen die Clever Kids en Hard Livings-bendes nou handuit ruk.

“Hulle skiet dat die moer draai en hulle gee nie om of daar onskuldige mense staan nie,” het ’n ander inwoner gesê.

Meer oor:  Manenberg  |  Kader Jacobs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.