Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Inwoners vang man ná vrou (35) se moord
’n Voertuig van die forensiese patologiedienste in Vuwani, Limpopo nadat ’n vrou na bewering deur haar man vermoor is. Foto: SAPD

’n 45-jarige man is Saterdag in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou (35) vermoor het. Mense van die omgewing het die man daarna aangerand.

Volgens die polisie het die man en vrou omstreeks 10:30 stry gekry in die Tshino-nedersetting in Vuwani, buite Thohoyandou, in Limpopo.

Ná ’n heftige woordewisseling waartydens hy haar van egbreuk beskuldig het, het hy haar na bewering met ’n skerp voorwerp gesteek en gekap. Sy is op die toneel dood, lui ’n polisieverklaring.

Mense van die omgewing het die man agternagesit en glo begin aanrand. Die polisie is ontbied en die man is in hegtenis geneem. Hy is onder polisiebewaking in die hospitaal opgeneem.

Hy sal na verwagting in die landdroshof in Vuwani verskyn op ’n aanklag van moord sodra hy gesond genoeg is.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die moord ten sterkste veroordeel.

“Die polisie sal daadwerklik optree teen enigiemand wat geslagsgeweld pleeg en dié inhegtenisneming stuur ’n sterk boodskap uit oor ons toewyding om dit te bekamp.”

Mense van die omgewing en die polisie het Saterdag toegesak op ’n huis in Vuwani naby Thohoyandou nadat ’n vrou vermoor is.Foto: SAPD
Meer oor:  Limpopo  |  Thohoyandou  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.