Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Inwoners verbrand vermeende verkragter

’n Vermeende verkragter is Woensdagoggend dood toe ’n groep ontstoke inwoners van Motherwell in Port Elizabeth hom aan die brand gesteek het.

Die polisie in Port Elizabeth het die man se verkoolde lyk, met die brandende bande nog op hom gepak, op die toneel tussen die informele woonbuurte NU10 en NU1 aangetref.

Sy hande en voete was ook met draad vasgebind.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê die man het onherkenbaar verbrand en sy identiteit is nog onbekend.

Die polisie is Woensdag om 08:30 na die toneel uitgeroep, maar was te laat om die man te red.

Beetge sê die polisie het die man se lyk tussen ’n groep opslaanhuise gekry.

’n Skare het rondom die moordtoneel saamgedrom, maar wou nie met die polisie oor die voorval praat nie.

Na bewering het die vermoorde man ’n persoon in die gemeenskap verkrag, maar Beetge sê die polisie kan dit nie bevestig nie.

“Die polisie veroordeel die optrede van die gemeenskap ten sterkste en vra die gemeenskap om eerder inligting aan die polisie deur te gee.”

Hy sê ’n saak van moord word ondersoek en die polisie vra hulp met die identifisering van die vermoorde man.

Meer oor:  Motherwell  |  Port Elizabeth  |  Verbrand  |  Vigilante-Aanval  |  Verkragter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.