Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Is dit pynappels? Is dit sigarette?

Die polisie het in drie afsonderlike voorvalle beslag gelê op onwettige sigarette en groot hoeveelhede dagga.

Die onwettige sigarette is Dinsdag omstreeks 07:00 in ’n padblokkade by die Tsitsikamma-tolhek agter op ’n bakkie ontdek, sê kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder.

Die onwettige sigarette waar dit agterop ’n bakkie onder pynappels versteek is.

’n Ford-bakkie met pynappels was van Makhanda na George op pad. ’n Lid van die Tsitsikamma-honde-eenheid het opgemerk dat die bakkie se bestuurder angstig voorkom. Die bakkie is van die pad getrek en deursoek.

Die sigarette is ontdek toe die polisielid van die pynappels agter op die bakkie weggestoot het. Die 50 bokse sigarette, van sowat R200 000, was in agt bokse onder die pynappels versteek.

Die bokse onwettige sigarette wat op die bakkie met die pynappels gevind is.

’n 30-jarige man van Bangladesjiese oorsprong is in hegtenis geneem. Die man sal later in die landdroshof in Plettenbergbaai verskyn. Die onwettige sigarette sou vermoedelik in George verkoop word.

Volgens Pojie is 450 onwettige sigarette Vrydag ook tydens ’n soortgelyke optrede in Ladismith gevind. Die waarde is sowat R5 000. ’n 35-jarige Ethiopiese burger het ’n boete van R2 000 betaal en is toe vrygelaat.

Die sakke dagga wat in die kattebak van ’n Mercedes-Benz op die R62 gevind is.

Maandag het die polisie drie sakke dagga ter waarde van R85 000 in ’n padblokkade op die R62 in die Langkloof-omgewing gevind.

’n Mercedes-Benz was van die Oos- na die Wes-Kaap onderweg toe dit van die pad getrek en deursoek is. Die polisie het drie sakke dagga van sowat R85 000 in die kattebak gevind. Die dagga weeg 63,1 kg.

’n 26-Jarige man is in hegtenis geneem en sou Woensdag in die landdroshof in George verskyn.

Meer oor:  Padblokkade  |  Sigarette  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.