Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
IVP-raadslid sterf in sluipmoord

’n Raadslid van die Inkatha-Vryheidsparty (IVP) is in Estcourt, KwaZulu-Natal, doodgeskiet in ’n beweerde sluipmoord.

Hy is geïdentifiseer as Mthembeni Majola, 'n raadslid van die Inkosi Langalibalele munisipaliteit.

Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder, het Saterdag in 'n verklaring gesê die polisie ondersoek klagte van moord en poging tot moord. Na verneem word het 'n 39-jarige man en sy twee passasiers op die R103 by Estcourt gery toe twee onbekende mense op hulle begin skiet.

Gwala sê die bestuurder het veelvuldige skietwonde opgedoen en is op die toneel dood. Die twee passasiers is na 'n hospitaal gebring.

“Die motief vir die aanval is nog onbekend en sal hopelik in die ondersoek vasgestel word,” het Gwala gesê.

Die IVP het die voorval Vrydagaand laat op sy Twitter-blad bevestig.

Die party het gesê hy praat nog met die polisie en ooggetuies.

Thami Ntuli, die IVP se provinsiale voorsitter, kon nie die omstandighede rondom die moord bevestig nie en het gesê verteenwoordigers van die party sal eers Saterdag met die familie beraadslaag voordat hy dit kan bevestig.

Meer oor:  Ivp  |  Sluipmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.