Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Jaagduiwel ry metrobeampte dood

’n Jaagduiwel het ’n verkeersbeampte van Limpopo doodgery terwyl hy hulp by ’n ongelukstoneel buite Mokopane (Potgietersrus) verleen het.

Piet Baloyi (59) is Saterdagaand dood op die R518-pad na Marken in die Masodi-nedersetting waar hy gehelp het om die verkeer by ’n ongelukstoneel te beheer.

Konst. Maphure Manamela, polisiewoordvoerder, sê die bestuurder van ’n wit Toyota Run X, het glo te vinnig gery en Baloyi getref.

Albert Ledwaba (51), die bestuurder van die Toyota Run X, is op die toneel in hegtenis geneem. Hy was die naweek agter tralies en het Maandagmiddag in die landdroshof in Mokopane op ’n aanklag van strafbare manslag verskyn.

Ledwaba is op ’n waarskuwing vrygelaat en moet op 6 November weer in die landdroshof in Mokopane verskyn.

Manamela sê die polisie se ondersoek is nog nie afgehandel nie.

Malesela Selokela, woordvoerder van die Mogalakwena-munisipaliteit, sê Baloyi was ’n hardwerkende verkeersbeampte en het altyd meer gedoen as wat van hom verwag is.

Volgens Selokela het Baloyi selfs wanneer hy nie aan diens was nie, altyd gehelp met verkeersprobleme.

“Ons is baie geskok en hartseer oor sy dood,” sê Selokela.

Meer oor:  Mokopane  |  Verkeersbeampte  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.