Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Jaagduiwels op Gautengse hoofweë reguit tjoekie toe

Talle jaagduiwels wat die naweek op Gautengse hoofweë aangekeer is, het tyd agter tralies deurgebring in afwagting op hul verskyning in die hof.

’n Motorfietsryer wat Saterdag na bewering teen 144 km/h in ’n 60 km/h-sone in Alberton gery het, was die eerste van ’n handvol mansbestuurders wat hul rieme styfgeloop het.

Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, sê die 25-jarige man, wat ’n rooi Suzuki-motorfiets gery het, is op Hennie Alberts-straat voorgekeer.

Die metropolisie het Saterdagoggend ’n reeks padversperrings in die gebied opgestel, asook op die N12-hoofweg tussen die Reading-wisselaar en die Voortrekkerweg-afrit.

Daar is ’n 21-jarige man in ’n grys Hyundai Getz gevang waar hy glo teen 179 km/h gejaag het.

“Hy en die vrou wat saam met hom in die motor was, het aangevoer hulle is laat vir werk,” sê Mokheseng.

Die motorfietsryer en die Getz-bestuurder het luidens Mokheseng die res van die naweek agter tralies deurgebring, onderskeidelik by die Alberton- en Brackendowns-polisiekantoor.

Sondag om 06:10 is ’n 36-jarige man wat ’n wit BMW bestuur het op die N3-snelweg tussen die Linksfieldweg-afrit en die Gillooly’s-wisselaar aangekeer omdat hy glo teen 170 km/h gejaag het. Daar was twee vroue by hom in die motor. Hy is in hegtenis geneem en na die Bedfordview-polisiekantoor geneem.

Die bestuurders van ’n Toyota Fortuner en ’n Audi A3 wat onderskeidelik 157 km/h en 158 km/h op die R21-snelweg gery het, is tussen 09:00 en 10:00 in die Boksburg-gebied gevang.

“Albei is na die Boksburg-noord-polisiekantoor geneem,” sê Mokheseng.

“Almal wat die naweek aangekeer is, verskyn binnekort in die hof op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.