Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Skote klap in hooggeregshof in Jhb
’n Polisiebeampte is in die skouer deur een van die voortvlugtiges gesteek . Foto: Felix Dlangamandla
Die polisie se honde-eenheid was gou op die toneel om na die verdagtes te soek. Foto: Felix Dlangamandla
Polisiebeamptes haas hulle na die toneel van die skietery terwyl omstanders buite wag. Foto: Felix Dlangamandla

Minstens vier mans is Maandag aangekeer ná ’n skietery in die hooggeregshof in Johannesburg. Die mans was deel van ’n groep wat uit aanhouding wou ontsnap. ’n Polisiebeampte is na bewering deur een van die voortvlugtende mans met ’n mes gesteek. Hy is deur nooddienste na ’n ambulans geneem. Volgens ’n ooggetuie Vikesh Padiachy het hy net ná 13:00 twee mans op die vierde vloer sien hardloop.

“Een het in die hysbak gespring, die ander man het met die trappe afgehardloop. Die polisie was kort op die mans se hakke. Ek het geskrik toe ek skielik skote hoor. Een van die mans het ’n polisieman in sy skouer met ’n mes gesteek,” sê Padiachy.

Volgens omstanders is ’n vyfde verdagte nog op vrye voet. Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

Teen 14:30 was die hof steeds gesluit.

Meer oor:  Hooggeregshof  |  Johannesburg  |  Skietvoorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.