Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
JMPD skiet glo op man in sy plakkershut

’n Johannesburgse man is beseer nadat die metropolisie glo Dinsdagoggend by sy plakkershut in die middestad ingegaan en met rubberkoeëls op hom geskiet het.

Die polisie het in die Booysens-nedersetting inbeweeg nadat ’n groep betogers bande in Eloffstraat gebrand en op kospakkies aangedring het.

Lawrence Madihlaba beweer hy het nog geslaap toe beamptes van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) aan sy deur geskop het.

“Ek het wakker geword van mense wat buite my plakkershut rondhardloop. Toe hoor ek dat my deur herhaaldelik geskop word. Ek het dit gaan oopmaak en daar was JMPD-beamptes wat my gevra het waar die ander betogers is. Ek het geantwoord dat ek nie weet nie, want ek was in die bed,” sê Madihlaba.

“Hulle het my daarvan beskuldig dat ek jok en gesê ek was een van die betogers. Hulle het my gevra waarom ek ’n denim en ’n trui dra en ek het gesê dat ek met my klere aan geslaap het om myself warm te maak omdat dit koud was die aand. Hulle het toe drie keer van ’n nabye afstand op my voet geskiet.”

Daarna het die JMPD-beamptes verdwyn, sê hy.

“Ek weet nie waarom hulle my in my plakkershut aangeval het nie. Ek het nie betoog nie en ek het dit aan hulle probeer verduidelik, maar hulle het gelag en op my geskiet. Hulle het net op my regtervoet gefokus omdat ek nie skoene aangehad het nie,” sê hy.

Hy is later na ’n hospitaal gebring.

Klagtes oor raadslid

Inwoners wat oorleef deur kos van twee nabygeleë stortingsterreine af te haal, beskuldig hul raadslid, Mongameli Mnyameni, daarvan dat hy hulle gedurende die inperking ignoreer en skenkers daarvan weerhou om kospakkies na die gebied te bring.

Thembelani Zwana, gemeenskapsleier, het Mnyameni ook daarvan beskuldig dat hy hulle nie oor die Covid-19-pandemie opgevoed het nie.

“Ons kan nie die herwinbare materiale verkoop wat ons voor die inperking ingesamel het nie. Baie van ons hier het nie kennis oor die koronavirus nie. Ons is in die duister. Ons oorleef tans deur kos van stortingsterreine te eet wat verval het omdat ons nie geld het om kruideniersware te koop nie,” sê Zwana.

Ons is bekommerd oor die lewensomstandighede hier, want as een mens positief toets, gaan ons almal doodgaan.

“Ons raadslid het ons geïgnoreer. Ons het ’n beroep op hom gedoen om mense oor hierdie virus op te voed. Ons is bekommerd oor die lewensomstandighede hier, want as een mens positief toets, gaan ons almal doodgaan.”

Mnyameni het die beweringe ontken en sê dat hy wel mense na die gebied gebring het om inwoners oor die virus op te voed. Hy ontken ook dat hy die inwoners geïgnoreer het met die verspreiding van kos.

“Daar is geen manier dat ek mense kan verhoed om kos vir ons mense te skenk nie. Ek het vroeër na alle stemlokale in my wyk gegaan en lyste van mense gekoördineer wat kospakkies moet ontvang,” sê Mnyameni.

“Ná die aankondiging deur die provinsie dat alle leiers hulself van die verspreiding van kos moet distansieer, het ek dit gedoen. Ek het hul name aan die departement van maatskaplike ontwikkeling oorhandig.”


Meer oor:  Booysens  |  Johannesburg  |  Geskiet  |  Metropolisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.