Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
JMPD tree vinnig op teen eie mense

Korrupsie is een van die groot knelpunte waaraan die Johannesburgse metropolisie (JMPD) aandag gee.

Dit blyk uit die maandelikse statistieke vir Johannesburg wat David Tembe, hoof van die JMPD, Vrydag bekend gemaak het.

David Tembe, hoof van die JMPD.Foto: Stembiso Lebuso

Statistieke toon daar was 24 tugverhoorsake teen JMPD-lede in Oktober. Sewe hiervan is waar lede betrokke is by omkopery en korrupsie.

“Hoewel die syfers in die geheel gedaal het, kan ons steeds meer doen om te verseker dat Johannesburg ’n beter en veiliger plek vir inwoners is,” sê Tembe.

Om die statistieke bekend te maak, is wel volgens hom ’n bewys dat die JMPD opreg en deursigtig is. “Ons wil niks wegsteek nie en selfs kwessies met lede wat verkeerd optree, moet aandag kry.”

Die statistieke wys daar is opgetree teen lede wat die werk se voertuie misbruik en wat hulle skuldig maak aan nalatigheid en wangedrag.

691 motoriste wat onder die invloed van drank bestuur het, is in hegtenis geneem. Die meeste inhegtenisnemings vir dronkbestuur was in Randburg, Sandton en die middestad.

“Sigbare polisiëring in dié buurte het veral die getal inhegtenisnames verminder,” sê Tembe.

228 212 kaartjies is uitgereik vir bestuurders wat nie die regte lisensies het nie, wat die padreëls oortree en vir onpadwaardige motors.

Herman Mashaba, uitvoerende burgemeester van Johannesburg, het die JMPD geloof vir hul goeie werk.

“Dit blyk misdaad het deesdae die norm geword. Jy is nêrens meer veilig nie, nie eens by jou huis of werk nie.

“Dankie JMPD dat julle deursigtig is en misdadigers vasvat.”

Meer oor:  Omkopery  |  Korrupsie  |  Statistieke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.