Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
JMPD vat dronkbestuurders vas

Die Johannesburgse metropolisiediens (JMPD) het in Junie 890 bestuurders wat onder die invloed van drank was, in hegtenis geneem.

Die Johannesburgse metropolisiediens (JMPD) het in Junie 890 mense weens bestuur onder die invloed van alkohol in hegtenis geneem.

Volgens die JMPD se misdaadstatistieke vir Junie, wat Maandag uitgereik is, is die meeste van dié bestuurders in die Johannesburgse middestad, Braamfontein en Yeoville in hegtenis geneem, met 140 bestuurders wat in elk van dié gebiede aangekeer is.

Altesame 28 verdagtes is weens voertuigdiefstal en kapings in hegtenis geneem en 83 gesteelde of gekaapte voertuie is teruggekry.

Herman Mashaba, burgemeester, sê die voorkoms van dronkbestuur wek groot kommer. Hy sê ook die 11 sterftes wat in Junie op die stad se hoofweë aangemeld is, onderstreep weer eens hoe belangrik die JMPD se inisiatiewe teen spoedoortredings is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.