Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Johannesburg slaan slag teen korrupsie
Genl.maj. Shadrack Sibiya Foto: Argief

Johannesburg se teenkorrupsie-eenheid onder leiding van Shadrack Sibiya, die voormalige Gautengse Valkehoof, het Vrydag in samewerking met die Valke ’n staatsamptenaar vir beweerde korrupsie gearresteer.

Die verdagte, wat na bewering R5 000 van ’n diensverskaffer geëis het om ’n tender aan hulle toe te staan, sal vroeg hierdie week in die landdroshof verskyn.

Die betrokke tender was vir die verskaffing van argiefdienste ter waarde van net minder as R150 000 vir die departement van gemeenskapsontwikkeling.

Die diensverskaffer het die amptenaar se gedrag aan die teenkorrupsie-eenheid rapporteer, waarna ’n saak teen die betrokke persoon by die Valke aanhangig gemaak is.

Die Valke het die verdagte in ’n gemagtigde operasie gearresteer net ná hy onwettiglik die geld by die diensverskaffer aanvaar het. Hy is oor die naweek by die Sandton-polisiekantoor aangehou.

Herman Mashaba, Johannesburg se uitvoerende burgemeester, het Sondag Sibiya en sy span bedank vir die uitnemende voorbeeld wat hulle stel in die stryd om korrupsie in Johannesburg uit te roei en gesê hy waardeer die Valke se hulp in die saak.

“Ek hoop dat ons in die toekoms sal voortgaan om nog talle sulke gesamentlike operasies te sien, want dit sal beteken daar sal binnekort geen plek in Johannesburg oorbly waar korrupte amptenare kan wegkruip nie,” het Mashaba gesê.

Die burgemeester het bygevoeg dat die stadsraad van Johannesburg korrupsie as “openbare vyand nommer een” beskou en beloof om nie te rus voor dit met wortel en tak uitgeroei is nie.

“Ons moet ’n professionele openbare diens skep wat die inwoners van ons stad met trots kan dien,” het Mashaba gesê.

Meer oor:  Shadrack Sibiya
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.