Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Jong ambassadeurs moet Wes-Kaap help veilig hou

’n Groot groep ambassadeurs vir jeugveiligheid is in die Wes-Kaap aangewys in ’n poging om geweld in dié gebied hok te slaan.

Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid. Foto: Verskaf

Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het dié program Dinsdag by die Primêre Skool West End in Lentegeur bekend gestel en gesê dit maak deel uit van die provinsiale veiligheidsplan se komponent vir die voorkoming van geweld.

Dié plan is daarop gemik om wetstoepassing in die onveiligste woonbuurte te verhoog, maar ook om die fokus te plaas op die oorsake van veral geweldsmisdaad in die gemeenskap.

Die ambassadeurs sal vir ’n tydperk van ses tot 12 maande op verskillende plekke oor die provinsie heen geplaas word.

“In die Kaapstad-metrogebied sal die meeste van hulle, sowat 600, by skole wees. Daar sal hulle daagliks met onderwysers saamwerk, asook saam met die gebiedsgebaseerde spanne wat aan inisiatiewe werk om geweldsmisdade te voorkom,” sê hy.

Mense wat vir dié ambassadeurskap wil aansoek doen, moet tussen 18 en 35 oud wees, geen misdaadrekord hê nie en ook nie opgelei wees of ander werk hê nie.

“Hulle is nie veiligheidswagte of wetstoepassers nie. Die projek is deel van voorkoming van geweld in die veiligheidsplan. Byna iets soos jeugontwikkeling,” sê Fritz.

“Die gedagte is om gewelddadige optrede te keer voordat dit ontwikkel. En dit is waar die ambassadeurs ’n rol te speel het.

Volgens Fritz het alles begin met ’n veel kleiner loodsprojek waaruit baie lesse geleer is oor hoe hulle kan verseker dat sulke programme die gewenste impak het.

’n Soortgelyke projek is op ’n kleiner skaal by ’n handjievol skole in hoofsaaklik Mitchells Plain, Mannenberg en Khayelitsha geloods. Daar was sowat 80 deelnemers.

“Die ervaring van die kleiner projek het ons voorberei vir die groot een. Ons het onder meer geleer dat dit beter sal wees om die administratiewe komponent van die program uit te kontrakteer,” sê Fritz.

Deur die program wil hulle ook verseker dat al die betrokke jong mense toegang sal kry tot geleenthede vir verdere loopbaan- en persoonlike ontwikkeling, Hulle sal na ope dae geneem word sodat hulle kan leer om na geleenthede te soek.

“Die veiligheidsambassadeurs sal maandeliks ’n basiese toelaag kry. Daar word van hulle verwag om die nodige toewyding aan die doelstellings van die program te toon.

“Ons het ’n gestruktureerde bestuurstelsel om te verseker dat die jong mense die nodige ondersteuning kry,” sê Fritz.

Meer oor:  Albert Fritz  |  Wes-Kaap  |  Lentegeur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.