Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Jong ma (28) op Moedersdag in Lambertsbaai vermoor

Die gemeenskap van Lambertsbaai aan die Weskus is geskok nadat ’n jong ma Sondag op Moedersdag na bewering in ’n rusie deur haar kêrel vermoor is.

Die voorval het omstreeks 12:00 in Langstraat gebeur. Die polisie het nie haar identiteit bekend gemaak nie.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê ’n man van in sy 30’s is Sondag in hegtenis geneem nadat sy vriendin doodgesteek is. Hy sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Clanwilliam op ’n aanklag van moord verskyn.

Na verneem word, het die paartjie vier kinders van wie die jongste ’n eenjarige meisietjie is.

Inwoners het die vermoorde vrou op Facebook as Lizel Toontjies geïdentifiseer en mense skryf sy was bekend “as ’n vriendelike meisie wat groot respek vir almal gehad het”.

Die familie kon nie vir kommentaar bereik word nie. Die begrafnisreëlings is nie bekend nie.

Die Rural and Farmworkers Development Organisation sê in ’n verklaring die gemeenskap van dié vissersdorpie is baie geskok oor die moord.

Volgens die organisasie is dit die tweede moord binne enkele dae in die dorp.

Dit blyk uit inligting op die Facebook-groep “Lambertsbaai” dat ’n jong man verlede Donderdag vermoor is. Geen verdere besonderhede is egter bekend gemaak nie.

Meer oor:  Lambertsbaai  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.