Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Jong ma van Atlantis dood aan steekwonde
Charne Viljoen (21) is Maandag dood nadat sy met ’n mes aangeval is. Foto: Verskaf

’n Vrou van Saxonsea in Atlantis is Maandagmiddag in die hospitaal dood nadat sy verskeie kere met ’n mes gesteek is.

Sers. Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n klag van moord is ingedien en ’n 23-jarige man is vir die moord op Charne Viljoen (21) in hegtenis geneem. Hy sal in die hof verskyn sodra hy aangekla is, sê Rwexana.

Gerhodine Prins, Charne se niggie, sê sy het die man geken wat haar na bewering aangeval het.

“Hy het obsessief oor haar begin raak en het haar gereeld dopgehou,” sê Prins.

Charne was Maandag op pad om ’n koeldrank te gaan koop toe sy verskeie kere in die bors en in die rug gesteek is. Die verdagte het probeer vlug, maar die polisie het hom vinnig opgespoor, sê Prins.

Sy sê Charne was ’n “liefdevolle meisie” wat by haar ouma en oupa gebly het.

“Ek was stukkend toe ek hoor wat gebeur het. Ek en Nykie het saam grootgeword en ken mekaar baie goed,” sê Prins.

Charne Viljoen Foto: Verskaf

Charne se ouma Mariam Viljoen (74) sê sy het haar grootgemaak sedert sy net ’n paar maande oud was.

“Toe ek by haar aankom, omstreeks 12:30, was sy in ’n plas bloed. Sy is dood net toe ons by die hospitaal aankom,” sê Viljoen.

“Toe ek haar sien, het ek gevoel soos iemand wat gaan sterf. As daardie man borgtog kry, gaan die hel los wees,” sê sy.

Die man verskyn Woensdag in die landdroshof in Atlantis.

Meer oor:  Charne Viljoen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.