Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Jong man uit taxi gegooi, sy suster doodgeskiet

Die polisie ondersoek die moord op ’n jong vrou wat doodgeskiet is, en poging tot moord op haar broer, wat uit ’n bewegende taxi naby Witbank gegooi is.

Brig. Leonard Hlathi, het News24 Vrydag meegedeel dat Kwanele Fezile Zuma (22) en haar broer Ngceboyenkosi Minende Zuma (22), albei van Carolina in Mpumalanga, van Johannesburg na Witbank geryloop het.

Kwanele Fezile ZumaFoto: Twitter via Mweli Masilela@mwelimasilela

Hulle was die dag vir werkonderhoude in Johannesburg en het na Witbank geryloop. Daar het hulle ’n taxi gehaal om na hul tuiste in Carolina te ry.

“Daar was ’n paar mans in die taxi.

“In ’n stadium het die bestuurder van roete verander. Volgens die broer het van die mans vuurwapens te voorskyn gebring. Die broer is hierop uit die bewegende taxi gegooi,” het Hlathi gesê.

SowetanLive het berig Sanele Zuma, die broer van die broer en suster meen dat Kwanele verkrag is voordat sy doodgeskiet is.

Maar die polisie sê dat dit eers bevestig moet word.

“ ’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om vas te stel of die suster verkrag is,” het Hlathi gesê.

Hy het bygevoeg dat hulle van hul besittings beroof is.

SowetanLive het ook berig dat die twee se ma, Margaret Zuma, gesê het dat sy gehoop het dat Kwanele ’n goeie werk sou kry sodat hul geldelike omstandighede kon verbeter.

Meer oor:  Polisie-Ondersoek  |  Misdaad  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.