Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Jong man vas ná skietdood van 60-jarige in PE

’n 19-jarige man van Port Elizabeth is aangekeer nadat hy glo helderoordag ’n 60-jarige man voor sy huis doodgeskiet het.

Volgens die polisie se inligting is die verdagte ’n vermeende bendelid van die stad se noordelike voorstede.

Gilbert Peterson (60) het glo Saterdagoggend aan ’n motor voor sy huis in Bakkiesblomstraat in Bethelsdorp gewerk, toe ’n jong man op hom afpyl.

Die man het ’n vuurwapen uitgepluk en op Peterson losgebrand.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê Peterson het verskeie skietwonde opgedoen en is op die toneel dood.

Die verdagte, wat weggehardloop het, is aan die polisie bekend.

Die provinsiale eenheid vir die ondersoek van georganiseerde misdaad teen bendes het later die oggend die jong man by ’n huis in Arcadia aangekeer.

Hy man sal Maandag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn op ’n aanklag van moord.

Intussen krap die polisie nog kop oor twee moorde Vrydagaand in die stad se noordelike voorstede.

Die lyk van Grenville Gallant (24) is Vrydagaand omstreeks 23:30 in Da Silva-straat, Bloemenda, gevind.

Volgens Naidu dui inligting daarop dat Gallant in De Grass-straat geskiet is voordat hy in Da Silva-straat inmekaargesak het.

Die motief vir die moord is nog onbekend.

Sowat drie ure voor die moord op Gallant, is Neaven Marcus (28) ook met verskeie skietwonde in Sciniciostraat in Bethelsdorp aangetref.

Ook in dié geval is die motief agter die moord onbekend.

Enigeen met inligting oor die twee voorvalle word versoek om die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 te bel.

Meer oor:  Bethelsdorp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.