Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Jong onderwyseres vasgebind en verwurg

Khumontle Mokgosi (25) het uitgesien na haar loopbaan as onderwyseres wat maar pas begin het.

Nou is haar familie verpletter nadat sy vermoor en dié drome aan skerwe is, het Thato Mokgosi, haar neef, Donderdag gesê.

Mokgosi se lyk is Maandag in die woonplek gekry wat sy in ’n nedersetting naby Mogwase in die Rustenburg-omgewing gehuur het, sê brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes, in ’n verklaring.

Haar hande en voete was vasgebind en sy is verwurg.

Haar kollegas en mense in die omgewing het na haar begin soek toe sy nie Maandag opgedaag het by die Makoba Secondary School in die Rustenburg-omgewing, waar sy lewenswetenskap gegee het nie.

“Ons ouma (Lovey Mokgosi) se hart is baie, baie seer. Khumontle en haar jonger broer, Omtibile (21), was ook baie geheg aan mekaar,” het Thato gesê.

Khumontle Mokgosi, ’n onderwyseres, is vermoor. Foto: Verskaf

Volgens Elias Malindi, woordvoerder van Noordwes se onderwysdepartement, het hul ouma die broer en suster grootgemaak nadat hul ouers gesterf het.

Intussen soek die polisie nog na haar moordenaar(s).

Lt.genl. Sello Kwena, polisiekommissaris in Noordwes, sê dis ontstellend dat ’n jong onderwyseres se lewe so skielik en genadeloos tot ’n einde gekom het. Dít terwyl stemme oor alle sektore heen opgaan dat geslagsgeweld stopgesit moet word.”

Mmaphefo Matsemela, LUR vir onderwys in Noordwes, is luidens ’n mediaverklaring wat haar departement uitgereik het, diep getref en hartseer oor die moord.

Sy het Mokgosi se familie Donderdag in ’n nedersetting naby Mahikeng, waar Mokgosi grootgeword het, besoek.

Mokgosi het haar onderwysgraad in 2018 op die Noordwes-Universiteit se Mafikeng-kampus verwerf en sedert Januarie 2019 by Makoba Secondary skoolgehou.

“Ons betuig ons innige meegevoel met Mokgosi se familie en die hele skoolgemeenskap,” het Matsemela gesê.

“Die onderwysdepartement veg nou teen ’n gemene vyand, Covid-19. Ons het nie verwag om ’n onderwyseres op dié manier te verloor nie. Dit breek ons harte om ’n jong onderwyseres te verloor wat nog ’n lang loopbaan in die onderwys kon gehad het.

“Onderwysers speel ’n belangrike rol om die toekoms van ons land te help vorm. Ons samelewing behoort daarom mooi na hulle te kyk en hulle te beskerm. ’n Nasie sonder onderwysers is gedoem. Onderwysers is die lig in ons gemeenskappe.”

Matsemela sê sy hoop die polisie kan die skuldiges vastrek en dat hulle “in die tronk sal vrot”.

Enigiemand met inligting wat die polisie kan help, kan sers. Justice Ramosoeu, die ondersoekbeampte, by 083 616 0995 bel. Wenke kan ook anoniem op die MySAPS-app of by die Stopmisdaadnommer 08600 10111 gegee word.

Mokgosi word Saterdag begrawe.

Meer oor:  Verwurg  |  Vasgebind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.