Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Jong onderwyseres van Clanwilliam glo keelaf gesny

’n Jong onderwyseres van Clanwilliam is nie geskiet nie, maar grusaam met ’n skerp voorwerp om die lewe gebring.

Aanvanklik is berig dat Allison Plaatjies (26) dood in haar woonstel met ’n skietwond aangetref is. Dit blyk egter dat haar keel glo afgesny is.

Allison Plaatjies (26)Foto: Facebook

Huldeblyke vir Plaatjies het sedert Maandag op sosiale media, veral Facebook, ingestroom met veral haar vriendinne wat haar goeie eienskappe beskryf.

’n Vrou wat na haar gaan soek het, het Sondag kort ná 19:00 op haar lyk in haar woonstel in Katjiepieringstraat afgekom.

Plaatjies het in Januarie vanjaar by die Primêre Skool Sederberg in Clanwilliam begin skoolhou, waar sy Afrikaans vir gr.5-leerlinge gegee het.

Netwerk24 het verneem dat haar klas Maandagoggend ingelig is dat hul juffrou die naweek gesterf het.

Sy kom oorspronklik van Swellendam en het verlede jaar as onderwyser op die Wellington-kampus van die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) gegradueer.

’n Vriendin skryf op Facebook: “So sad ek kan nou nog nie glo nie. Allison Luzane Plaatjies (Sussie) rus sag tot ons weer ontmoet. My hartjie is baie seer. So ’n pragtige blom, elke dag dieselfde gewees, altyd ’n smile. Alle sterke aan haar familie en breë familie. Mag God hulle versterk in die tyd van seer. Jy was jou ouers se trots sussie. RIP.”

Nog ’n vrou skryf: “Sterkte aan haar familie, sy was ’n lieflike meisiekind altyd so ’n mooi smile gehad, nooit haar kwaad gesien.”

’n Ander vriendin skryf: “Ai jinne my Liefste Allison. Here wees met haar familie in die hartseer tyd. Mag God hul vertroos in die moeilike tyd. So sad!”

Siyabulela Malo, polisiewoordvoerder, sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met haar dood nie.

Mense met inligting oor die moord word versoek om die polisie in Clanwilliam of die Stop Misdaad-nommer by 0860 010 111 te kontak.

Meer oor:  Allison Plaatjies  |  Clanwilliam  |  Wes-Kaap  |  Vermoor  |  Misdaad  |  Onderwyser  |  Woonstel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.