Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Jong vrou dood in slaapkamer aangetref

Die lyk van ’n 22-jarige vrou is Sondag in haar slaapkamer in Reitzpark in Welkom aangetref, sê lt.kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder in die Vrystaat.

Sy sê die vrou se hande was vasgebind en sy het wurgmerke aan haar nek. ’n Oop beursie met kaarte en ’n voertuigrybewys is langs haar gekry.

Op ’n A4-stuk papier wat langs haar gevind is, het geskryf gestaan: “Hou op om gevangenes te mishandel.”

Die motief vir haar dood is onbekend en die polisie ondersoek ’n moordsaak.

Enigiemand met inligting wat kan lei tot die arrestasie van die skuldige of skuldiges word gevra om adjudant-offisier Jerry Lenyane van die speurdiens in Welkom te bel by tel. 083 426 8343.

* Die naam van die vrou sal bekend gemaak word sodra haar naasbestaandes van haar dood verwittig is.

Meer oor:  Vrystaat  |  Welkom  |  Slaapkamer  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.