Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Jong vrou se lyk met steekwonde in veld gekry

’n Jong vrou van Port Elizabeth se lyk is twee dae voor Vrouedag met veelvuldige steekwonde aan haar lyf in ’n oop stuk veld gevind.

Lawren Shernice Jonathan (26), van Korsten, se lyk is in ’n veld in Thorntonstraat deur ’n verbyganger gevind.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê iemand wat Vrydag om 07:45 in Thorntonstraat gestap het, het op die vrou se lyk afgekom.

“Sy het veelvuldige steekwonde aan haar lyf gehad. Die presiese omstandighede rondom die brutale moord is onbekend.”

Die polisie sê volgens die oorledene se familie het sy Donderdagaand om 19:30 die huis verlaat om by ’n vriend in Schauderville te gaan kuier.

Sy het, nadat sy vriend se huis verlaat het, nooit by die huis aangekom nie.

Speurders van die Gelvandale-polisiekantoor is besig om alle leidrade op te volg.

In dié stadium is daar nog geen verdagtes aan die polisie bekend nie.

Enigeen met inligting kan ao. Neil Hendricks bel by 082 442 1816 of die Gelvandale-polisiekantoor by 041 402 2018.

Die polisie se teenmisdaadnommer is 08600 10111. Alle inligting word vertroulik hanteer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.