Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Jong vrou sterf raaiselagtig 2 weke ná verkragting
Alice Maree (22) is dood nadat sy twee weke gelede by haar werkplek verkrag is. Foto: Facebook

’n Jong vrou wat vir ’n bekende Goudveldse prokureursfirma gewerk het, is dood nadat sy twee weke gelede by haar werkplek in Theunissen verkrag is.

Alice Maree (22) was alleen op kantoor by die prokureursfirma Hewetson Ingelyf toe ’n man oor regshulp kom navraag doen het.

Hewetson Ingelyf, ’n firma van Welkom, het ’n kantoor in Theunissen.

Maree het glo aan die man gesê hy moet die middag terugkom wanneer daar ’n prokureur sal wees om hom te help.

Die man het gesê hy sal later terugkom, maar het kort daarna, terwyl Maree steeds alleen was, teruggekeer.

Maree het na bewering gesê hy het haar in die kantoor oorval, aangerand en verkrag. Sy het ’n klag van verkragting by die polisie ingedien, het Charmaine Labuschagne, die beheeraanklaer in Welkom se hof vir seksuele misdrywe, bevestig.

Maree se verloofde, CJ Blumenthal, sê Maree het erg aan stres gely na die aanval. Sy het siek geword en was vier dae lank in die hospitaal voordat sy Vrydagoggend oorlede is.

Labuschagne sê die beskuldigde het sy aansoek om borgtog Vrydag laat vaar en bly in aanhouding op aanklag van verkragting. Volgens haar het die staat 'n geregtelike doodsondersoek aangevra om vas te stel waaraan Maree dood is. 'n Moordklag kan moontlik ook teen die man ondersoek word.

Meer oor:  Alice Maree  |  Theunissen  |  Verkragting  |  Jong  |  Vrou  |   |  Sterf  |  2
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.