Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Jonges vas ná hulle miljoen eis vir ‘ontvoering’

’n Man en ’n vrou, albei 20, sal eerskomende Maandag in die landdroshof in Bosbokrand, Mpumalanga, op ’n klag van dwarsboming van die gereg verskyn nadat hulle glo R1 miljoen ná die verdwyning van ’n matriekmeisie by haar ma wou hê.

“Die jong vrou, ’n gr. 12-leerling, is op 10 Oktober as vermis by die polisie aangemeld,” het brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, by navraag gesê.

“Die leerling se ma het toe ’n foonoproep ontvang waarin die persoon R1 miljoen as losprys in ruil vir haar dogter wou hê. Die polisie het ondersoek ingestel en gevind dat die vrou se vriend haar selfoon gebruik het om dié oproep te maak. Hy het ’n ander SIM-kaart gebruik toe hy die oproep na die vrou se ma gemaak het.”

Volgens Hlathi het die polisie Donderdag inligting ontvang oor waar die man en die matriekmeisie saam gesien is. “Hulle is later by die man se vriend se plek gevind en deur die polisie in hegtenis geneem. Die matriekmeisie was na bewering nooit vermis nie. Albei sal Maandag in die hof verskyn,” het Hlathi gesê. Daar is ook beslag gelê op die SIM-kaart wat gebruik is om die oproep te maak.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Ontvoering  |  Misdaad  |  Inhegtegisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.