Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Jonkersberg-moord: Baie teken versoekskrif teen borgtog

Talle mense het reeds ’n versoekskrif onderteken teen borgtog vir Russel Ayford wat aangekla word van die moord op Clodine Nuys in Jonkersberg naby Groot-Brakrivier.

Clodine Nuys. Foto: Facebook

Nuys (22), wat op 11 Februarie vermoor is, het in die plaaslike biblioteek gewerk.

Ayford (24), ook ’n inwoner van Jonkersberg, het Dinsdag in die hof in Groot-Brakrivier in verband met haar moord verskyn.

Nadat Nuys nie ná werk by die huis opgedaag het nie en die polisie en die gemeenskap na haar gesoek het, is haar lyk kort voor 19:00 agter ’n kleuterskool gevind.

Sy het op haar maag gelê, haar hande en voete was met kleefband vasgebind en ’n kabeltou was om haar nek. Haar selfoon en die biblioteek se sleutels was weg.

Ayford is twee dae later in digte bosse in die omgewing in hegtenis geneem nadat hy die Woensdag gevlug het toe die polisie hom by sy huis gaan soek het.

Hy sal eerskomende Dinsdag aansoek om borgtog doen.

Maureen Gertse, ’n inwoner van Jonkersberg, sê 145 mense het reeds die versoekskrif teen borgtog vir Ayford onderteken. “Dit sal Dinsdag by die hof ingehandig word.”

Nuys se begrafnisdiens word Saterdag om 10:00 in die United Congregational-kerk (UCC) in Groot-Brakrivier gehou.

Benewens haar ouers, Booi en Katrina Jansen, word sy deur ’n suster, Chantelle Nuys, oorleef.

Meer oor:  Russel Ayford  |  Clodine Nuys  |  Groot-Brakrivier  |  Borgtog  |  Versoekskrif
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.