Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kaapse beamptes aangeval toe protes handuit ruk

Twee verkeersbeamptes is Donderdag oor die etensuur in Koebergweg in Milnerton deur taxibestuurders aangeval terwyl ’n groep kinders in die nabygeleë Joe Slovo naby Milnerton voertuie met klippe bestook het.

Betogings in Dunoon het Donderdag handuit geruk.
Netwerk24

Volgens owerhede is taxibestuurders in die gebied ontsteld omdat verkeersbeamptes hulle glo teiken.

Richard Coleman, woordvoerder van Kaapstad se verkeersafdeling, het gesê twee verkeersbeamptes het by ’n vulstasie in Koebergweg stilgehou toe ses taxi’s sonder nommerplate daar ingetrek het.

“Hulle het die staatsvoertuig geteiken en die enjinkap, deur en spieëltjie beskadig. Die een beampte wat in die voertuig was, is ongedeerd en die aanvallers is toe na sy kollega wat in die winkel was,” het Coleman gesê.

Personeel van die winkel het egter die deur gesluit en die mans het die deur beskadig terwyl hulle tevergeefs probeer het om in die winkel te kom.

“Hulle het kort daarna gevlug. Die stad gaan ’n klag by die SAPD indien en sal ook videomateriaal verkry wat sal help om die aanvallers te help identifiseer.”

Coleman sê dit is die tweede voorval in minder as ’n week in Dunoon.

“Verlede Donderdag, net voor 17:00, is twee verkeersbeamptes deur ’n taxibestuurder aangeval tydens ’n operasie in die omgewing.”

Intussen het taxibestuurders en inwoners Donderdag douvoordag die strate in nabygeleë Dunoon ingevaar en verkeer ontwrig.

Potsdamweg naby Killarney Gardens was ure lank tussen Malibongwe- en Killarney-rylaan gesluit, terwyl verkeer in Koebergweg en op die N7 erg vertraag is.

Alle ingange na Joe Slovo informele nedersetting naby Milnerton was ook gesluit nadat ’n groep kinders voertuie op Koebergweg by Freedomweg met klippe bestook het.

Freedomweg is gesluit vanaf die Caltex-vulstasie en Omurambastraat is gesluit vanaf Racecourseweg.

Coleman sê verskeie motors is beskadig en ’n paar mense het geringe beserings opgedoen.

Teen laatmiddag het metropolisie en verkeer ook ’n waaksame oog gehou oor betogings in Usasazastraat en Potsdamweg in Milnerton waar inwoners motorbande gebrand het.

Intussen het die Wes-Kaapse polisie gesê ’n saak van openbare geweld word ondersoek nadat ’n groep van sowat 60 mense die hoofweg versper en bande in Dunoon aan die brand gesteek het.

“Die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe het die situasie gemonitor en sal in die gebied bly om enige situasie te hanteer wat opduik en om reg en orde te handhaaf,” het polisiewoordvoerder, Siyabulela Malo, gesê.

Volgens die polisie is geen skote afgevuur nie en geen beserings is aangemeld nie.

“Die omstandighede rondom hierdie saak word ondersoek en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.”

Meer oor:  Richard Coleman  |  Kaapstad  |  Milnerton  |  Betogings  |  Aangeval  |  Protes  |  Taxibestuurders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.