Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kaapse bendes baklei terug, maar LUR bult spiere

Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, sê hulle ondersoek verskillende gevalle waar dit lyk asof bendes in die provinsie besig is om terug te baklei.

Fritz sê hy wil ’n duidelike boodskap aan bendes uitstuur dat hulle nie die geveg gaan wen nie.

Sy uitlatings kom in lig van die dood van Cynthia Stoulo, ’n ANC-aktivis.

Stoulo is Donderdag doodgeskiet terwyl sy met haar sewejarige seun skool toe gestap het.

Volgens Fritz is ’n polisievrou ook Donderdag in ’n winkel by ’n vulstasie in Delft van haar vuurwapen beroof.

Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, sê dit lyk asof bendes begin terugveg. Foto: Argief

Syfers van verlede naweek dui daarop dat 25 moorde in die provinsie gepleeg is, ondanks die feit dat die weermag na bepaalde gebiede in die provinsie ontplooi is.

“Ons monitor die syfers en voorvalle op ’n weeklikse basis. Dit is ons hoop dat die syfers van hierdie naweek en die naweke wat volg net al hoe meer gaan afneem.”

Fritz het ook die aanhoudende bendegeweld op die Kaapse Vlakte veroordeel.

Hy meen bendeleiers en nie net die huurmoordenaars nie verdien om agter tralies te sit.

“Ons wil dit aan bendeleiers en bendelede duidelik maak dat hulle nie die geveg gaan wen nie.”

Die weermag is in Bishop Lavis, Mitchells Plain, Delft, Elsiesrivier, Nyanga, Khayelitsha, Mfuleni, Philippi, Kraaifontein en Manenberg ontplooi.

Dié tien distrikte is deur Bheki Cele, minister van polisie, as misdaad-brandpunte geïdentifiseer.

Meer oor:  Albert Fritz  |  Kaapse Vlakte  |  Bendegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.