Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kaapse busbestuurders in klipgooiery beseer

Twee busbestuurders van die Golden Arrow-busdiens is Vrydagoggend in Nyanga in Kaapstad beseer toe busse by die busterminus met klippe bestook is in ’n protesaksie.

Pendelaars was gestrand en moes in lang toue wag op vervoer nadat taxibestuurders die busse verhinder het om te ry.

Die taxibestuurders is glo kwaad omdat hul taxi’s deur die verkeersdepartement geskut word.

Chaos by die Nyanga-busterminus.Foto: Twitter/Brett Herron

Richard Coleman, woordvoerder van die Kaapstadse verkeersdepartement, sê die busbestuurders is nie erg beseer nie en die lede van die polisie, metropolisie en die weermag was op die toneel.

Intussen het treine Vrydagoggend weer geloop nadat dienste Donderdag opgeskort is toe die Passasiersagentskap van Suid-Afrika (Prasa) nie sy agterstallige skuld aan Eskom betaal het nie.

Prasa het die geld betaal en Eskom het die kragtoevoer herstel.

Riana Scott, woordvoerder van Metrorail, sê vandalisme van infrastruktuur tussen die Mutual en Parow-stasie skep egter steeds probleme op die noordelike spoorlyn.

Meer oor:  Golden Arrow  |  Richard Coleman  |  Nyanga  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.