Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kaapse joernalis, sakeman vas vir bedrog

Twee Kapenaars, onder wie ’n joernalis, word deur 140 aanklagte van bedrog in die gesig gestaar, nadat hulle Donderdag in ’n grootskaalse polisieoptrede in hegtenis geneem is.

Die inhegtenisnemings volg ná ’n jaar lange diepteondersoek deur die polisie se eenheid vir misdaadintelligensie.

Die verdagtes is in afsonderlike polisieoptredes in Epping en Kaapstad in hegtenis geneem.

Foto ter illustrasie. Foto: André Damons

Daar word beweer dat hulle werksdokumente vervals om die department van korrektiewe dienste te flous. Die dokumente is glo gebruik sodat ’n gevangene wat uit is op parool sy paroolvoorwaardes kon ontduik en vrylik oor die Wes-Kaap heen kon beweeg.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê in ’n polisieverklaring dat die paroolganger na bewering in dié tyd misdaad gepleeg het.

Rwexana sê ’n man (41) van Portlands is Donderdag om 14:30 by ’n sakeperseel in Epping in hegtenis geneem. Terselfdertyd is ’n vrou (40) van Parow by ’n mediahuis in die stad in hegtenis geneem.

Volgens ’n ingeligte bron is die misdade na bewering in samewerking met ’n korrupte polisielid en mense in die georganiseerdemisdaadwêreld gepleeg.

Die verdagtes verskyn Maandag in die landdroshof in Kaapstad op 140 aanklagte van bedrog.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, Wes-Kaapse polisiekommissaris, sê dit bly ’n prioriteit vir die polisie om alle vorme van korrupsie uit te roei.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.