Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kaapse ma vas oor naakfoto’s van haar, kinders

’n Ma van Bonteheuwel op die Kaapse Vlakte wat na bewering naakfoto’s van haarself saam met haar twee jongste kinders op die internet verkoop het, is vasgetrek nadat die FBI in Amerika van haar bewus geword het.

Die 32-jarige ma word nou aangekla van die vervaardiging van kinderpornografie, die verkoop van kinderpornografie, die besit van kinderpornografie, verdienste uit kinderpornografie deur die verkoop daarvan en verkragting.

Sy is reeds in Maart vanjaar by haar huis in Bonteheuwel in hegtenis geneem.

Die hulp van lede van die Wes-Kaapse polisie se eenheid wat gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredinge (GKS) ondersoek, is ingeroep nadat die FBI die vrou se spoor op die “donkerweb” gevat het.

Volgens inligting is die saak oorgeplaas na die GKS se eenheid wat reeks- en elektroniese misdrywe ondersoek.

’n Lid van die FBI het hom as ’n moontlike klant voorgedoen en het vir die vrou foto’s en ander goed gevra. Sy is glo via PayPal betaal vir elke foto en/of video wat sy geplaas het.

Dit het glo ’n paar weke lank aangegaan en dit het die FBI die kans gegee om die vrou in Bonteheuwel op te spoor. Toe speurders van die GKS-eenheid die ondersoek oorneem, is sy in hegtenis geneem.

Die vrou het eers net foto’s van haarself verkoop.

Haar kinders het glo van die naakfoto’s op haar selfoon gesien en wou glo by haar weet hoekom daar sulke foto’s van haar op haar selfoon is.

Sy het toe glo vir hulle gesê dis haar enigste manier om geld te verdien vir kos vir hulle.

Toe haar foto’s glo nie meer verkoop nie, het sy na bewering begin om foto’s van haar saam met haar twee jongste kinders, onder andere haar vierjarige seun, op ’n webtuiste te plaas.

Op van die foto’s en video’s is sy kaal saam met die kinders. Op van die foto’s en video’s lyk dit of sy die seun borsvoed en daar is glo ook video’s en foto’s waar sy ’n seksuele daad met die seun uitvoer.

Die vrou het verlede Donderdag in die landdroshof in Bishop Lavis verskyn. Die saak teen haar is vir verdere ondersoek tot 19 Augustus uitgestel. Nog aanklagte teen haar kan bygevoeg word.

Sy bly tot haar volgende verskyning in die Pollsmoor-gevangenis in aanhouding.

Meer oor:  Bonteheuwel  |  Kaapstad  |  Verkoop  |  Fbi  |  Kinderpornografie  |  Kinders  |  Ma  |  Naakfoto's
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.