Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kaapse man gevang met kokaïen en rooiwyn in kar
Kokaïen en vier bottels rooiwyn het ’n man van Kaapstad diep in die moeilikheid. Foto: Kaapstad metro

’n Sakkie met kokaïen, vier bottels rooiwyn en ’n vervalste rybewys het ’n Kapenaar diep in die moeilikheid.

Die “spookeenheid” van die Kaapstadse metro-verkeersdienste (verkeersbeamptes wat die strate patrolleer in ongemerkte voertuie) het Vrydagaand dié 47-jarige man in hegtenis geneem nadat hy met eers met sy BMW probeer wegjaag het op die M5-hoofweg.

Die man is uiteindelik omstreeks 19:45 naby die Hartleyvale-stadion in Observatory vasgetrek waar hy toe boonop glo die fout gemaak het om ’n vervalste rybewys te wys. Verder is daar kokaïen by hom gekry en hy het vier bottels rooiwyn vervoer (wat ook onwettig is ingevolge die inperking-regulasies).

Die man is in hegtenis geneem en word by die Mowbray-polisiekantoor aangehou tot hy in die hof moet verskyn.

Die spookeenheid het Vrydagaand ook vier motorbestuurders aangekeer in optredes in Athlone en Bellville. Nog 55 bestuurders is beboet omdat hulle later as die aandklokreël nog in die strate rondgery het.

Hulle het ook 14 voertuie wat onpadwaardig is, van die pad verwyder.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.