Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kaapse metro het hande vol met straatrenne, dronkbestuur

Byna die helfte van die inhegtenisnemings wat die Kaapse verkeersdienste die afgelope week gedoen het, het met onwettige straatrenne, dronkbestuur en roekelose en nalatige bestuur verband gehou.

Die Kaapstad-metro sê in ’n verklaring sy drie wetstoepassingsagentskappe het die afgelope week 198 inhegtenisnemings gedoen, waarvan 79 deur Kaapstad se verkeersdienste was.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit in die Kaapstad-metro. Foto: Argief

“Die statistieke toon dat 46% van al die inhegtenisnemings plaasgevind het in operasies wat op onwettige straatrenne fokus.

“Byna driekwart van die inhegtenisnemings was weens dronkbestuur en roekelose en nalatige bestuur, en daar was ’n styging van bykans 2 500 boetes in die afgelope week (77 262) in vergelyking met die vorige week (74 829),” lui die verklaring.

“Daar was ’n weeklikse toename in selfoonbeslagleggings (126 die afgelope week vergeleke met 76 die vorige week).

“Die statistieke bewys dat mense steeds roekeloos bestuur,” sê JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit in die Kaapstad-metro.

Van die byna 200 inhegtenisnemings was die metro se wetstoepassingsafdeling vir 77 verantwoordelik, en 4 270 boetes is uitgereik.

Intussen het die metro se skoolhulpbronnebestuurders op agt klagte van bakleiery en roof by skole gereageer.

Hierdie beamptes is by meer as 30 skole, wat in samewerking met die Wes-Kaapse onderwysdepartement geïdentifiseer is, werksaam.

Die metropolisie was vir 42 van die inhegtenisnemings verantwoordelik, waarvan die helfte vir die besit van dwelms was. Die beamptes het ook 3 576 boetes uitgereik.

Meer oor:  Kaapstad Metro  |  Jp Smith  |  Statistieke  |  Dronkbestuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.