Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kaapse motoriste gemaan oor nommerplate, padgewoontes

Verkeersdienste in die Kaapstad-metro sê daar is ’n konstante toename in motoriste wat sonder nommerplate ry. Verkeersbeamptes op patrollie sê tussen Julie tot September vanjaar het hulle meer as 4 500 voertuie aangeteken wat nie nommerplate vertoon het nie.

JP Smith, die stad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sê dit is dikwels ’n foefie om die opsporing van spoedvrate te vermy, of wanneer motoriste probeer om inhegtenisneming te ontduik weens uitstaande lasbriewe.

Smith waarsku mense wat sonder ’n nommerplaat bestuur ’n verkeersoortreding volgens die Nasionale Padverkeerswet pleeg, waarvoor owerhede ’n voertuig kan opskort.

’n Voertuig met slegs een nommerplaat word ook nie as padwaardig beskou nie en volgens Smith sal verkeersbeamptes wel ’n boete en ’n opskortingskennisgewing uitreik sodat die voertuig binne 14 werksdae ’n padwaardige toets kan ondergaan.

Smith sê nog ’n kommerwekkende statistiek is die getal motoriste wat hul selfone gebruik terwyl hulle bestuur.

“Vir die tydperk Julie tot September 2020 het verkeersbeamptes 800 selfone gekonfiskeer. Die neiging het in Oktober voortgeduur, met 101 selfone wat in die eerste week afgevat is, gevolg deur 137 beslagleggings die week daarna.”

Smith sê motoriste wat hul selfone onwettig gebruik terwyl hulle bestuur, belemmer nie net verkeersvloei nie, maar stel ook die lewens van ander motoriste en voetgangers in gevaar.

Mense wat slegs een nommerplaat vertoon sal ’n R500-boete opgelê word, diegene wat geen nommerplate vertoon nie sal ’n R1 000 moet betaal en dié wat bestuur met ’n selfoon moet R1 000 opdok. ’n Bykomende boete van R500 sal uitgereik word aan motoriste wat hul selfone gebruik terwyl hulle bestuur, en die toestel sal in beslag geneem word.

Meer oor:  Kaapstad  |  Boetes  |  Nommerplate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.