Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kaapse NVG-advokaat glo koelbloedig doodgeskiet

’n Advokaat van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) is glo Saterdagmiddag in Kleinvlei, Kaapstad, koelbloedig doodgeskiet toe hy ’n Uber-motor bestuur het.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het bevestig die Kleinvlei-polisiekantoor ondersoek ’n saak van moord nadat ’n Uber-bestuurder Saterdagmiddag omstreeks 12:45 in ’n skietvoorval dood is.

“Die onbekende verdagte het ’n man in sy 30’s noodlottig gewond en van die toneel gevlug,” het Van Wyk gesê.

Adv. Vukile Gontsana Foto: Verskaf

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volgens uiters betroubare bronne in regskringe was die slagoffer adv. Vukile Gontsana van die NVG.

Gontsana het buiten sy verpligtinge by die NVG ook ’n Uber-onderneming bedryf.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die NVG in die Wes-Kaap, kon nie Saterdag bevestig of dit wel Gontsana was wat in die voorval dood is nie.

“Ek het die gerugte gehoor, maar kan geensins in dié stadium kommentaar lewer nie,” het Ntabazalila gesê.

Meer oor:  Nvg  |  Kaapstad  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.