Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kaapse onderwyseres in huis vermoor
Helga van Wyk
Helga van Wyk. Foto: Facebook

Die polisie ondersoek 'n moord nadat die lyk van 'n 62-jarige vrou kort ná middernag in haar huis in Proteaweg, Durbanville, gevind is. Sy het verskeie steekwonde gehad. 

Die vrou, Helga van Wyk, was 'n onderwyseres by die Hoërskool Monumentpark in Kraaifontein.

Leerlinge van Monumentpark het reeds op sosiale media begin huldeblyke skryf vir Van Wyk.

Haar man, wat ook in sy 60's is, was by die Mediclinic in Durbanville, waar die polisie hom aangetref het. Hy het ook verskeie steekwonde.           

Kapt. Marchell Rhode, woordvoerder van die polisie in Durbanville, sê dit is nog nie seker wat presies gebeur het nie. Die ondersoek is aan die gang. 

helga van wyk
Helga van Wyk is in haar huis in Durbanville, Kaapstad, vermoor. Foto: Jaco Marais
helga van wyk
Die polisie fynkam die toneel in Durbanville waar die onderwyseres Helga van Wyk vermoor is. Foto: Jaco Marais

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.