Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kaapse sersant aangekeer vir korrupsie

’n Polisieman verskyn Maandag in die landdroshof in Bellville op aanklag van korrupsie nadat hy Vrydag deur polisielede van die teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem is.

Volgens kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het die teenkorrupsie-eenheid die sersant tydens ’n geheime operasie aangekeer.

’n Polisielid wat die rol van ‘’n “agent” aangeneem het, het die sersant genader en hom gevra om dagga en ’n selfoon na ’n persoon in aanhouding te neem.

Hy het ingestem en is R300 daarvoor betaal.

Hy is kort daarna in hegtenis geneem nadat die dagga, selfoon en die R300 wat aan hom betaal is, in sy besit gevind is.

Die geld was volgens Van Wyk gemerk.

Die polisie het Vrydag op die Ecstacy-tablette en kokaïen beslag gelê. Foto: Verskaf
Hulle het ook op die dagga, wat in glo in ’n kweekhuis gekweek is, beslag gelê. Foto: Verskaf

In ’n ander voorval is ’n 49-jarige man deur polisielede van die Kaapstad Sentraal-polisiekantoor vir dwelmhandel aangekeer.

Die polisie het Vrydag omstreeks 19:00 terwyl hulle met patrollies in Langstraat besig was, ’n voertuig in DF Malanstraat opgemerk. Volgens die polisie het die bestuurder van die voertuig “verdag” gelyk. Hulle het die voertuig gestop en deursoek. Hulle het vyf pakke dagga met ’n geskatte straatwaarde van sowat R30 000 gekry.

Hulle is daarna na die man se huis waar die polisie kokaïen in kapsulevorm en Ecstasy-tablette gekry het.

Die dwelms het ’n straatwaarde van sowat R70 000.

Die verdagtes sal Maandag in die landdroshof in Kaapstad verskyn.

Meer oor:  Dwelms  |  Polisie  |  Korrupsie  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.