Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Taxigeweld: Nóg 'n bestuurder doodgeskiet

’n Taxibestuurder (56) is Dinsdag by die Joe Slovo-taxistaanplek in Milnerton in Kaapstad doodgeskiet. Dis ’n dag nadat ’n skietstilstand in werking getree het en ’n ultimatum gestel is dat taxipermitte opgeskort sal word as die taxigeweld hervat word.

“Hy was een van ons lede,” het Andile Khanyi van die Cape Organisation for the Democratic Taxi Association (Codeta) Woensdag gesê.

Volgens Khanyi kan die skietery egter nie verbind word met die geskil oor die B97-roete tussen Codeta en die Cape Amalgamated Taxi Association (Cata) nie.

“Ons gaan niemand van enigiets beskuldig nie,” sê hy. “Dit is kommerwekkend, so die polisie moet ondersoek instel.”

Die taxibestuurder, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, is Dinsdag op die besige wisselaar in Freedom-weg in die gesig en bors geskiet.

Ons gaan nie ’n ooreenkoms onderteken en dit dan skend nie.

Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê polisielede is Dinsdag omstreeks 13:00 na die taxistaanplek ontbied. Hulle het die man, wat op sy rug gelê het, daar aangetref.

“Die motief vir die aanval is moontlik taxi-verwant,” sê Swartbooi.

Die slagoffer is op die toneel dood verklaar.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxivereniging (Santaco) het gesê die voorval hou nie verband met die huidige onenigheid oor die taxiroete in die Kaap nie.

Tot dusver is 86 mense reeds in die geweld oor die roete tussen die Paarl en Bellville dood. Die taxiverenigings het nog nie ooreengekom oor die gebruik van die roete nie en arbitrasie oor die aangeleentheid duur voort.

’n Skietstilstand is intussen aangekondig op voorwaarde dat taxibestuurders slegs die roetes gebruik waarvoor hulle permitte ontvang het, uitsluitend die B97-roete.

Volgens Nazeem Abdurahman, voorsitter van Santaco in die Wes-Kaap, is die moord op die taxibestuurder in Milnerton die gevolg van ’n interne vete wat niks met die huidige geskil te make het nie.

“Die departement van vervoer weet dat ons ter goeder trou ’n ooreenkoms onderteken het. Ons gaan nie ’n ooreenkoms onderteken en dit dan skend nie,” sê hy. News24


Meer oor:  Milnerton  |  Kaapstad  |  Doodgeskiet  |  Taxibestuurder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.