Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kaapse vrou gesoek ná rooftog in Johannesburg
Aneeqa Geldenhuys word saam met drie ander verdagtes gesoek in verband met ’n gewapende rooftog by ’n juwelierswinkel in Sandton, Johannesburg. Foto: Instagram

’n Kaapse vrou is een van vier mense wat gesoek word in verband met die gewapende rooftog op ’n juwelierswinkel in Sandton City, Johannesburg. Miljoene rande se juweliersware is in die rooftog gebuit.

Die boesemvriendinne Zelka Armino en Aneeqa Geldenhuys.Foto: Verskaf

Aneequ Geldenhuys (35), wat glo bande met onder meer die Junior Mafias-bende en nog bendes op die Kaapse Vlakte het, word gesoek in verband met die rooftog op Sondag 21 Julie op die House of Ameera-juwelierswinkel in die Michelangelo Towers-winkelsentrum in Sandton.

Geldenhuys en nog drie ander mense, onder andere haar boesemvriendin, Zelka Armino, ook bekend as Zelka Smith, Nasief Reylands en sy broer Aashiq Reylands, is uitgewys as “mense van belang” in die ondersoek na die rooftog waarin meer as R8 miljoen se juweliersware geroof is. Sowat R230 000 in kontant is ook geroof. Aashiq staan ook as Aashiq Heuwel bekend.

’n Privaatspeurder, Heinrich Viljoen, wat deur die eienaars van die juwelierswinkel aangestel is om die saak te ondersoek, het Sondag gesê ’n beloning is nou uitgeloof vir enige inligting wat tot die vier se opsporing kan lei.

Volgens Viljoen is die rooftog deeglik beplan en uitgevoer en kan die vier verdagtes hulle moontlik in óf Johannesburg óf Kaapstad bevind.

Mense met inligting oor waar die viertal moontlik kan wees, kan Viljoen by 074 891 8948 kontak.

Aashiq Reylands
Aashiq Reylands, ook bekend as Aashiq Heuwel. Foto: Verskaf
Nasief Reylands Foto: Verskaf
Zelka Armino, ook bekend as Zelka Smith. Foto: Facebook

• Geldenhuys het in April 2006 die eerste keer die nuus gehaal toe haar minnaar, Gavin Atkins, ’n leier van die Americans-bende in Hanover Park, langs haar in sy voertuig by die Access Park-winkelsentrum in Kenilworth, Kaapstad, doodgeskiet is. Sy is in haar een arm gewond.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.