Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kaapstad: Kaper ry weg met vrou se 3 kinders

’n Kaapstadse ma het desperaat probeer om haar drie kinders te red toe haar motor Dinsdagmiddag gekaap is.

'n Verdagte het toegang gekry tot die 36-jarige vrou se geparkeerde Opel Zafira en het toe met haar drie kinders van onderskeidelik drie, vyf en sewe jaar oud, weggery.

Die vrou het koek verkoop by ’n stalletjie by die Gatesville-winkelsentrum en die verdagte het vermoedelik haar motorsleutel by die stalletjie gevat.

“Ons vermoed die verdagte het haar geruime tyd dopgehou,” sê Fowzia Veerasamy, woordvoerder van Gatesville-buurtwag. Volgens Veerasamy het die plaaslike sakegebied ’n teelaarde vir misdadigers geword.

“Toe die man in die motor klim, het die ma gehardloop om by haar kinders uit te kom. Ek dink sy is ’n held omdat sy haar lewe gewaag het om haar kinders te red.”

Die man het egter gery en die kinders langs Pookweg afgelaai, waar hulle later deur hul ma gevind is.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê die voertuig is later in Hanover Park teruggevind.

“Niemand is al in hegtenis geneem nie en geen beserings is aangemeld nie,” sê Traut.

Veerasamy sê daar is ’n toename in kapings in die omgewing en het inwoners gewaarsku om nie hul voertuie sonder toesig te laat wanneer hulle inkopies doen nie.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.